Monday, December 06, 2021


About Me

Minimize
The Rev Andries Combrink is a Presbyterian Minister of the Gospel. He lives in Centurion, South Africa. 
To teach the Word of God is his calling,  based on the Reformed tradition. 

 

Devotions and more

Minimize
  
  
 Advent and Christmas
are not sentimental feasts
around a helpless babe.
They proclaim: The King was born!
The King conquers!
The King is coming! The King is coming indeed!"

Please help / Help asb.

Minimize
For more than 10 years I financed
this Pastoral Ministry myself.
But now I need your 
urgent financial support
to continue, boost and expand this work.

Please EFT your contribution to: 

Standard Bank, Savings Account,
Centurion, South Africa.
Account number: 015373126
Account holder: Combrink AJ
Use Ref. – ‘Surname’ Sup.   

Any help - small or large -
will make a diiference!

DAILY views between 600 and 2000.

Search

Minimize

Latest Entries

Minimize
Dec 16

Written by: Andries
Monday, December 16, 2013 3:53:15 PM  RssIcon

Kan burgerlike versoening in ons land ’n werklikheid word?
 
Versoeningsdag, 16 Desember, is ‘n burgerlike Suid Afrikaanse nasionale vakansiedag, en nie, soos byvoorbeeld Kersfees, Lydenstyd en Paasfees, ’n dag wat alle Christene en kerke in die wêreld vier nie.  Dit is uit die geskiedenis van Suid Afrika gebore en bied vir Suid Afrikaners die geleentheid om oor versoening te dink, te bid en dit in die praktyk ’n werklikheid te probeer maak.
 
Die Reënboognasie word uitgedaag deur die realiteite van diversiteit. Dit maak vrede, samewerking en versoening ’n uitdaging en dit sal steeds in die toekoms uitdagend bly.
 
Ons het die dag vroeër Geloftedag genoem, want Versoeningsdag het 'n historiese perspektief wat begin by die gelofte en die slag van Bloedrivier.  Maar pasop om nie in die geskiedenis dinge in te lees,  of om met die geskiedenis iets te probeer maak, wat nie eerlik is nie.  Wie byvoorbeeld die geskiedenis van 16 Desember 1838 as 'n wit-swart polarisasie vertolk, kyk met 'n kleinlike politieke en rassistiese bril daarna.   Nee, die konfrontasie was tussen waardes soos veiligheid, regverdigheid, en vryheid teenoor konfronterende waardes soos misleiding en moord.
 
Bloedrivier was nie 'n konfrontasie tussen wit en swart nie. Benewens die 468 wit Voortrekkers en 3 Engelse burgers, was daar ook 60 swart mense en 'n onbekende getal bruinmense in die laer.  Dingaan was nie as aanvoerder van 'n 'Swart mag' beskou wat vernietig moes word nie. Bewys daarvan is die bondgenootskap tussen Voortrekkerleier  Pretorius en Mpande, halfbroer van Dingaan, wat deur 'n straf ekspedisie saam met 17 000 Zoeloes finaal met 'n algemeen gevreesde diktator, Dingaan, afgereken het.
 
Afrikaners het nie deur hierdie geskiedenis en die gelofte ’n uitverkore volk geword nie en swart mense is nie daardeur buite die genade van God geplaas nie. Dis oneerlik om dit so te sien en die geskiedenis bewys dit as onwaar.
 
Die gelofte is juis gemaak omdat daar by die Voortrekkers 'n deurlopende besef was dat hulle van God afhanklik is en dat hulle daarom aan God rekenskap verskuldig is.  Dit mag dus nooit gebruik word om haat, woede, vrees en polarisasie, rasse politiek en aftakeling van mense wie se kultuur van jou verskil, aan te blaas nie. Daarom is die naam Versoeningsdag ook ’n goeie naam vir dié dag. Want as eer aan God gegee word op grond van ’n historiese veldslag, kan dit deur Christene net versoenend en afhanklik van God,  gedenk word. 
 
As dit ’n dag is waarop almal in ons land sou kon bid en werk vir versoening, regverdigheid en vryheid en saamwerk teen emosies van magtelose vrees en woede, kan en sal dit God eer. Want dis ook wat God vir ons en vir alle mense wil hê.  Versoening, regverdigheid en vryheid is ook waardes wat alle regdenkende mense in die geliefde land met mekaar deel, afgesien van hulle taal, kultuur of politieke keuses.
 
Die grootste uitdaging, voordat versoening moontlik is, is om van woede as gevolg van onreg, ontslae te raak.  Almal wat hier bly en Christenwaardes as belangrik beskou en wat korrupsie, misdaad, geweld en banale materialisme en selfsugtigheid as gemeenskaplike vyande sien, kan saam veg en saam wen.  Maar ons moet ophou om kwaad te wees en gewillig wees om as Christene vrede te maak met mekaar en so die vyande van vrede saam die stryd aansê!
 
’n Mens wat oor die algemeen as ’n woedende mens, ’n aggressiewe, ontevrede mens lewe, kan nooit gelukkig wees en kan nie die vrede van God vertaal in ’n betekenisvolle lewe wat van God afhanklik en God vererend en veilig is nie.
 
Op Versoeningsdag - 
·         Bid vir vrede in Suid Afrika.
·         Bid teen geweld, misdaad en korrupsie.
·         Bid teen vreemdelinge haat en bloedvergieting.
·         Bid teen elke vorm van diskriminasie -  ook teen ras gemotiveerde werk reservering en bevoordeling. Bid vir aksies wat alle sosiale en ekonomiese onreg wil regstel en uitroei.
·         Bid teen gulsige materialisme waar arm mense armer word en hulpeloses nie bemagtig word nie, al word dit bemagtiging genoem, want dis oneerlik en beroof al die arm mense in die geliefde land van geleenthede.
·         Bid vir voedsel sekuriteit vir almal wat hier woon.
·         Bid vir goeie onderwys en ontwikkeling van vaardighede by alle kinders in elke gemeenskap.
·         Bid vir geloof by almal wat hier woon; geloof in ’n regverdige God wat mense met Homself in Jesus Christus wil versoen.
·         Bid teen elke vorm van rasse-haat en kwaadwilligheid teenoor mense op grond van ras en kleur.
·         Bid dat eerlikheid en eerbaarheid, veiligheid en Christen waardes sal seëvier.
·         Bid dat die Kerk van Christus in elke opsig en op elke plek regverdig sal wees en nie kulturele voorkeure sal verteenwoordig nie, maar versoening met God in Christus Jesus sal verkondig aan alle mense, sonder aansien van die persoon en sonder om een groep bo die ander te bevoordeel.
·         Bid dat Christene van alle tale en afkoms en van alle Christen tradisies, eenheid en versoening in Christus sal vind en dit prakties in die geliefde land sal uitleef as voorbeeld vir mense wat onreg pleeg en haat en woede aanwakker.
·         Bid teen apartheid in die Kerk van Christus, sodat ons effektief getuies van ’n heilige, regverdige God kan wees.
·         Bid vir die vrede van die Kerk van Christus, vir bewaring van die Geloof en vir getrouheid aan God en aan sy Seun, aan die Woord en aan die waarheid en geregtigheid.
 
Mag die liefde van God ons rein en heilig hou.  

Tags:
Categories:

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Security Code
CAPTCHA image
Enter the code shown above in the box below
Add Comment   Cancel 

List of more recent Posts

Minimize
The Season of Advent is also about Peace!
Celebrating Christ the King.
Where shall we go – and what shall we eat?
Prayer can change everything
Celebrating Reformation Day, 31 October
The Great Commission – saying YES to Jesus.
The Great Commission: We are God’s ambassadors!
Celebrate Jesus, our King, Lord and Redeemer.
Jesus, Redeemer of the bruised!
The powerful Gospel stored in jars of clay.
True Freedom – to be free as a Child of God.
August is women’s month.
We clearly cannot remain silent.
Our battles belong to the Lord.
Repent!
Receive a new life through the living Word.
Always reflect when you engage with God.
Remember the power of prayer

Collection of Posts per Month

Minimize
Archive
<December 2021>
SunMonTueWedThuFriSat
2829301234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930311
2345678
Monthly
December, 2021 (1)
November, 2021 (4)
October, 2021 (5)
September, 2021 (4)
August, 2021 (4)
July, 2021 (5)
June, 2021 (5)
May, 2021 (5)
April, 2021 (4)
March, 2021 (7)
February, 2021 (3)
January, 2021 (3)
December, 2020 (4)
November, 2020 (5)
October, 2020 (4)
September, 2020 (4)
August, 2020 (3)
July, 2020 (3)
June, 2020 (1)
May, 2020 (5)
April, 2020 (5)
March, 2020 (5)
February, 2020 (4)
January, 2020 (4)
December, 2019 (4)
November, 2019 (3)
October, 2019 (4)
September, 2019 (4)
August, 2019 (3)
July, 2019 (2)
June, 2019 (2)
May, 2019 (5)
April, 2019 (1)
March, 2019 (2)
February, 2019 (4)
January, 2019 (2)
December, 2018 (2)
October, 2018 (2)
September, 2018 (3)
August, 2018 (3)
July, 2018 (4)
June, 2018 (5)
May, 2018 (3)
April, 2018 (4)
February, 2018 (2)
January, 2018 (3)
December, 2017 (2)
October, 2017 (1)
September, 2017 (2)
August, 2017 (4)
July, 2017 (4)
June, 2017 (3)
May, 2017 (2)
April, 2017 (2)
March, 2017 (2)
February, 2017 (4)
January, 2017 (1)
December, 2016 (1)
November, 2016 (2)
October, 2016 (2)
September, 2016 (2)
August, 2016 (3)
July, 2016 (2)
June, 2016 (1)
May, 2016 (1)
April, 2016 (2)
February, 2016 (1)
January, 2016 (3)
December, 2015 (2)
November, 2015 (3)
October, 2015 (1)
September, 2015 (1)
August, 2015 (4)
July, 2015 (2)
June, 2015 (2)
May, 2015 (2)
April, 2015 (1)
March, 2015 (3)
February, 2015 (2)
January, 2015 (4)
December, 2014 (1)
November, 2014 (1)
October, 2014 (2)
August, 2014 (4)
July, 2014 (1)
June, 2014 (5)
May, 2014 (6)
April, 2014 (3)
March, 2014 (2)
February, 2014 (5)
January, 2014 (2)
December, 2013 (6)
November, 2013 (3)
October, 2013 (3)
August, 2013 (6)
July, 2013 (9)
June, 2013 (3)
April, 2013 (1)
March, 2013 (5)
February, 2013 (5)
January, 2013 (4)
Pastoral Copyright 2010 - Hosted and Created by DWS